Speech by Cornelis Van Rooyen on the Department of Agriculture & Land Affairs Budget Vote Debate
18 May 2007
Agbare Voorsitter
Agbare Minister en Adjunk Minster
Agbare lede
Kamerade
Voorsitter - In die ANC se beleidsdokument "Gereed om te regeer" word daar verklaar, en ek haal aan: " Alle mense is geregtig op grond en behuising"
Die dokument beklemtoon verder dat die staat 'n belangrike rol moet speel in die verkryging en herverdeling van grond. Om dit te kan doen moet die staat die mag hê om op verskeie maniere van grond besit te kan neem, insluitende deur regmatige onteiening.
Grond was een van die laaste 3 aangeleenthede wat deur die KODESA onderhandelings aangespeek was. Gegewe die kompleksiteit van grondhervorming en die gepaardgaande sosiale en politieke verwagtinge, moet die belangrikheid daarvan vir die groot meerderheid mense in die land, nie onderskat word nie. Om te misluk is dus nie 'n opsie nie - terwille van hulle wat hulle lewes neergelê het om 'n beter lewe vir almal te verseker.
Die mense wat grondhervorming probeer vertraag of wil weg wens moet hulle dus maar gereed maak vir 'n vasberade regering wat nie 'n duim gaan toegee om sy doelwit vir 'n beter lewe vir almal te verseker nie.
Voorsitter- die oorgrootte meerderheid Suid-Afrikaners is dit eens met die regering dat grondhervorming belangrik en onomkeerbaar is, maar daar is wel nog 'n minderheid wat dit teenstaan. Vir hulle will ek sê, "moenie die wil van die mense onderskat nie." Ek wil selfs so ver gaan deur te sê dat grondhervorming die basis van nasionale versoening is.
Voorsitter- kommersiële boere het 'n belangrike rol te speel in grondhervorming - eerstens - om betrokke te wees in die opheffing van nuwe opkomende boere d.m.v. mentorskappe- en tweedens om grondhervorming te sien as 'n stap in die normalisering van verhoudings en goeie buurmanskap in Suid Afrika.
Daar is hoë agting vir die kommersiële boere in die Regering -dus nooi ek alle kommersiële boere om aktief deel te word van die grondhervormingsproses en om 'n positiewe bydrae te lewer in hierdie verband.
Ek wil graag die Vtystaatse Landou Unie gelukwens met hulle proaktiewe inisiatif deur self 'n Gronhervormings strategie te ontwikkel. Ek hoop die Vrystaatse Department van Landou doen hulle deel om die inisiatief te ondersteun en 'n sukses daarvan te maak.
Voorsitter - Geen grond in die Vrystaat word huidiglik vir onteining geoormek nie.
Die Regering se erns en vasberadenheid ten opsigte van grondhervorming word duidelike weerspieël in die feit dat daar oor die volgende drie jaar R7 miljard begroot word vir restitusie en R7 miljard vir grondhervorming.
'n Saak wat egter nie direk in die begroting genoem word nie, en wat myns insiens dringende aandag nodig het, is die vestiging van lewensvatbare boerderye en die nodige kundige bystand aan die nuwe boere. Gesien in die lig van die beoogde versnelde grondherworming, sal die befondsing van sodanige bystand aan nuwe boere in die toekoms ooreenstemmend moet toeneem. Daar sal dus gewaak moet word teen onderbegroting.
Voorsitter - Dit was ontstellend om te verneem dat die euwel van plaasafsettings na al hierdie jare nog steeds met ons is. Volgens die Menseregte Kommisie het plaasafsettings die afgelope dekade toegeneem. Baie van hierdie afsettings was gedwonge en teenstrydig met die Grondwet sowel as met die Handves van Menseregte.
Die gevolg van hierdie afsettings is ongekende lyding op sosiale en gesondheids vlakke, wat ook onskuldidge kinders en weerlose ou mense raak.
Stories soos dié van die weduwee Sarah Beukes van Rawsonville, druis teen alle menslike waardes en beginsels in. Nadat haar man aan 'n HIV-verwante siekte gesterf het, wat haar ook met die virus besmet gelaat het, is sy van die plaas waar sy gewerk het afgesit. Die enigste heenkome wat sy vir haar en haar kinders kon vind, was die toiletgeriewe op 'n nabygeleë sprotveld, waar sy tesame met ander afgesette plaaswerkers van die omgewing, in haglike omstandighede, beskerming teen wind en weer gesoek het.
Voorsitter - Selfs EEN plaas afsetting is een te veel.
Het die tyd nie dalk aangebreek vir die regering om 'n algemene moratorium op die afsetting van plaaswerkers te plaas nie, tot tyd en wyl die gebreke in die huidige wetgewing reggestel kan word nie?
Chairperson- during the Select Committee on Land and Agriculture's hearings on farm evictions during February this year, the Human Rights Commission, highlighted three areas that civil society and government should actively engage in:
- The lack of legal services to farm dwellers to claim and enforce their rights,
- The lack of emergency services and programmes for farm dwellers who have been evicted and,
- The lack of land programmes and support for farm dwellers in terms of the Extension of Security of Tenure Act
She further noted that ESTA was largely a procedural piece of legislation and therefore did not adequately protect the rights of farm workers.
Young and old farm workers were becoming more vulnerable as farm owners were finding ways to avoid the provisions of ESTA, which is totally against the intentions and spirit of the Bill.
Minister- this matter therefore needs urgent attention.
Chairperson - In his State of the Nation Address on 9 February 2007, the President said "While the land restitution programme has resulted in more settlements in the recent years, we still need to put in extra effort in dealing with the remaining cases, many of which are much more complex"
To accelerate the rate of acquiring land, the Department has developed a proactive land acquisition strategy (PLAS). Land will be acquired proactively, informed by provincial growth and development strategies and municipalities' integrated development plans. This strategy will not only ensure that the land is acquired in the nodal areas to meet the objectives of the ASGISA, but will also improve the identification and selection of beneficiaries and ensure maximum productive use of the acquired land.
For the 2007/08 financial year, the department has identified the following priorities:
- Transfer 3,1 million hectares, mainly through public-private partnerships, in order to accelerate land reform.
- Settle outstanding labour tenants' claims,
- Accelerate the finalisation of outstanding restitution claims by the batching of claims with similar circumstances.
- Collaborate with traditional leadership structures and other strategic partners to mentor successful claimants